Oplossings

Met Personality I.D.® sal u die volgende kan doen:

  • Ontdek en ontwikkel die potensiaal in u huidige personeel.
  • Plaas hulle in die regte posisies.
  • Neem ingeligte indiensnemingsbesluite.
  • Verhoog u verkope.
  • Verminder omset en verbeter die prestasie van individue en spanne.

Larry Burkett verduidelik die oplossing soos volg:

“Vroeër jare het ek nie vreeslik in persoonlikheidstoetse en dergelike dinge geglo nie. Na vele pogings (baie daarvan onsuksesvol) om die regte persoon in die regte pos te kry, het ek begin soek na enigiets wat my sou kon help. Toe, by ʼn konferensie oor bestuur, doen ek ʼn kort persoonlikheidsevaluasie wat die temperamente in vier basiese tipes verdeel. Ek het die toets afgerammel en gedink dis net nog ‘n mors van tyd. Maar toe die instrukteur my antwoordblad evalueer en die resultate gebruik om my persoonlikheid te beskryf, was ek heeltemal uit die veld geslaan. Die evaluasie was in die kol.

Die volgende paar weke het ek die materiaal bestudeer. Toe gee ek die toets vir almal wat ek goed genoeg ken om ʼn goeie begrip van hulle basiese persoonlikhede en vermoëns te hê. Tot my verbasing was die toets in elke geval akkuraat. Na hierdie proefneming het ek geweet ek het die instrument om my te help om effektief werknemers in diens te neem.

“Hierdie evaluasie-instrument, wat slegs ʼn paar minute neem, het so te sê ʼn ommekeer in ons personeel gebring, asook in honderde ander besighede waarmee ek dit gedeel het. Langer, meer gekompliseerde evaluasies is beskikbaar, maar ek het gevind dat nie een daarvan bereik wat ons [tans bekend as Personality I.D.®] met so ʼn klein belegging van tyd en geld regkry nie. Ons gebruik dit by alle potensiële werknemers in ons organisasie. Ons het ook gevind dat hierdie tipe profiel absoluut noodsaaklik in berading is.”

(Larry Burkett. Bybelse Besigheidsbeginsels: 'n Volledige Gids met Bybelse Beginsels vir die Werkplek (pp. 112-121). Kindle-uitgawe.)

IS DIE AFRIKAANSE BOEK OOK OP KINDLE?

Personality I.D.® sal u help om die volgende probleme op te los:

  • Plasing van die regte persone in die regte pos.
  • Indiensneming en korrekte plasing van die beste persone.
  • Ontdekking van die ontwerp van u personeel, en die ontwikkeling en bestuur volgens daardie ontwerp. Maksimalisering van hulle potensiaal.
  • Verlaging van omset en verhoging van behou van personeel.
  • Groei van gemeentes en toename in bedienings- en talentontwikkeling.