Oor ons

Wat is Personality I.D.® Bou Sterker Spanne

Personality I.D.® verskaf assessering om individue en organsasies te help om hulle potensiaal te maksimaliseer. Personality I.D.® kan u organisasie help om die regte mense vir u besigheid in diens te neem, te plaas en te behou. Personality I.D.® het ʼn stelsel ontwikkel wat gebou is op meer as 24 jaar se ervaring in die gebruik van die DISC-persoonlikheidsassessering.

Ons sal u help om die volgende te doen:

  • Verhoog die moraal en motivering van u spanne en personeel.
  • Ontdek en verwesenlik die potensiaal in u huidige werknemers.
  • Bestuur en behou toppresteerders tot voordeel van u werknemers en die organisasie se groeibehoeftes.
  • Ontdek die dinamika van u span en identifiseer strategiese gapings.
  • Werf die beste persoon vir die pos en stel hom/haar aan.
  • Maksimaliseer elke individu se sterk punte.

Waarom gebruik organisasies en individue Personality I.D.®?

Mense en organisasies gebruik Personality I.D.® Bou Sterker Spanne om hulle in vier areas te help.

Om die spesifieke ontwerp van huidige en toekomstige werknemers te ontdek en te identifiseer. Om te verstaan dat die ontwerp van elke persoon ʼn deurslaggewende faktor in die doeltreffende bestuur van mense/verhoudings is. Een van die vernaamste ontdekkings van Personality I.D.® is dat wantoewysing en wanbestuur onvermydelik is, tensy ʼn bestuurder ʼn duidelike begrip van ʼn werknemer se ontwerp het. Die Individuele Verslag van Personality I.D.® sal u die nodige inligting gee om u werknemers se bates te maksimaliseer, tot voordeel van almal.

Met die Vergelykende Verslag stel ons individue en organisasies in staat om die unieke verskille tussen personeellede te verstaan, en/of hoe om konflik op te los. Die verslag sal u help om verhoudings te bevorder en te verbeter. Dit sal u bemagtig om aanvaarding, ooreenstemming, eenheid en samewerking binne die span te skep. U sal ook misverstande en onmin tussen spanlede kan afweer.

Met behulp van die Spanverslag kan organisasies die profiel en dinamika van hulle huidige spanne ontdek. Die unieke profiel van u huidige span en sy lede kan bestudeer word ten einde sinvolle plasings en veranderings mooontlik te maak. U sal ook strategiese gapings in die samestelling van u span kan ontdek sodat bestuurders en leiers die nodige veranderinge kan implementeer.

Die Uitgebreide Spanverslag sal organisasies help om die profiel en dinamika van hulle huidige spanne te ontdek. Hiermee sal u nuwe spanne kan vorm, gegrond op u spesifieke strategiese vereistes. Die unieke profiel van u huidige span sal duidelik word, sowel as die impak van die verwydering of byvoeging van lede. U nuwe spankenmerke kan bepaal word selfs voor die spanne formeel gevorm en ontplooi word. Voeg individuele spanlede in werklike tyd by die span en verwyder hulle om die effek op die spandinamika waar te neem. U sal ook in staat wees om strategiese gapings in die samestelling van u spanne te ontdek. Sodoende sal bestuurders en leiers strategiese veranderinge kan implementeer voordat hulle hul spanne vorm en ontplooi.

Die Gevolge:

  • Help organisasies om die regte werknemers in diens te neem.
  • Bepaal die toppresteerders.
  • Verhoog werknemers se werksbevrediging en produktiwiteit.
  • Ontwikkel die huidige werknemers op grond van hulle ontwerp.
  • Belyn werknemer en werkgewer se verwagtings.

Wie kan Personality I.D.® Bou Sterker Spanne

gebruik?

Individue, maatskappye of organisasies kan Personality I.D.®-assessering gebruik om die volgende te doen:

  • Die beste individue in diens te neem
  • Werksbevrediging te verhoog
  • Suksesvolle plasing van personeel te verbeter
  • Spandoeltreffendheid te verhoog
  • Hoër produktiwiteit te bereik

Ons het oor 'n tydperk van meer as 24 jaar 'n groot aantal individue, organisasies en maatskappye van regoor die wêreld gehelp om hulle prestasie te verbeter deur hulle mense met die nodige kennis en begrip te bestuur.

Hoe om betrokke te raak by Personality I.D.®-Assesserings?

U het drie opsies:

  • Doen ʼn assessering as individu en geniet die voordeel daarvan om meer oor u ontwerp te ontdek, asook hoe om u sterk punte en vermoëns te maksimaliseer.
  • Word ʼn Personality I.D.®-konsultant deur ʼn lisensie te koop en sodoende toegang tot u eie privaat konsultantbestuurstoepassing te kry. Met behulp van die toepassing sal u met u kliënte kan kommunikeer, hulle die geleentheid gee om assesserings te doen waar hulle is, en om verslae te skep. As konsultant kan u vier soorte verslae genereer.
    • Individuele Verslag
    • Vergelykende Verslag
    • Spanverslag
    • Uitgebreide Spanverslag
  • Word ʼn Personality I.D.®-Vennoot/Herverkoper. Sien die landingsblad vir meer inligting.
  • KAN ONS NIE EERDER VAN DIE TUISBLAD PRAAT NIE?